Lig Wankelend: Die wese van die liefde en lewe van Utte Reuter ('n roman)
Op 24 November 1949 kom Utte Reuter alleen in Kaapstad-hawe aan; saam met haar dra sy twee pakkies briewe en 'n digbundel van Rilke. Sy is hier om te trou met Christiaan Hofmeyr, die broer van haar penvriendin, wat 'n uitkoms bied van die verskrikking en nadraai van die Tweede Wereldoorlog. Maar gou verlang Utte huis toe, na 'n wereld wat vir altyd vir haar vernietig is. In Suid-Afrika voel sy ontuis, in Europa is sy onthuis. Utte se verhaal word vertel vanuit haar laaste tuiste: die kliniese wit kamer in die tehuis waar sy opgeneem is vir Alzheimers. Hier, in 'n gestroopte ruimte, verlaat van al die mense om haar, sonder haar geliefde Rilke-boeke en briewe, dink Utte terug aan die liefde en die aard van haar lewe. En aan Felix wat altyd maar agter 'n venster vir haar staan en wag...
Tilaustuote | Arvioimme, että tuote lähetetään meiltä noin 2-3 viikossa